#21
|
||||
|
||||
Re: Anyone starting in Jan 2013
__________________
Blommie No matter how many times I break down there is always a little piece of me that says NO, you're not done yet, GET BACK UP. I am waterwise x 1 Goal 1:70kg - Done 6 Aug 2013 Goal 2: 65kg - Scheduled 20 Aug 13 Goal 3: Start pole-dance lessons Goal 4: 60kg Goal 5: Start refeed |
#22
|
||||
|
||||
Re: Anyone starting in Jan 2013
Baie geluk Blommie! Geniet nou jou laaste naweek - eet al die dinge wat jy weet jy gaan vir 'n lang tyd nie kan eet nie; onthou HOE dit proe - dit sal jou help wanneer versoekings daar is - jy kan net dink: 'Ag ek weet hoe proe Cadbury's choklits/pizza/wyn/watookal' - en jy kan 'n nuwe leuse aanneem wat baie van ons doen - 'Nothing Tastes As Good As Skinny Feels!'
Lekker naweek almal! |
#23
|
||||
|
||||
Re: Anyone starting in Jan 2013
Thanks N2M. Ekt haar fewone dagboek en die Refeed dagboek gelees. Dit is vreeslik motiferend gewees om te lees en sy het my sommer hope moed gegee. So kan nie wag nie!! My afspraak is Dinsdag by my konsultant en is vreeslik nuuskierig om te sien wat die Dr alles vir my uit gewerk het!!
__________________
Blommie No matter how many times I break down there is always a little piece of me that says NO, you're not done yet, GET BACK UP. I am waterwise x 1 Goal 1:70kg - Done 6 Aug 2013 Goal 2: 65kg - Scheduled 20 Aug 13 Goal 3: Start pole-dance lessons Goal 4: 60kg Goal 5: Start refeed |
#24
|
|||
|
|||
Re: Anyone starting in Jan 2013
hier gaan net mooi niks aan nie
|
#25
|
||||
|
||||
Re: Anyone starting in Jan 2013
Nou kom ons kry dit weer bietjie aan die gang!
Sê weer vir die mense hoeveel het jy nou in 5 dae verloor? Blommie - jy kan maar bietjie hier ook praat... |
#26
|
|||
|
|||
Re: Anyone starting in Jan 2013
hehehehe
is nou n week terug op Dr cohen en het alreeds 5kg weer verloor |
#27
|
||||
|
||||
Re: Anyone starting in Jan 2013
I was going to post here but my Afrikaans is not good - I can understand and read it, even speak fairly well, but my writing is embarrassing.
I'm back on Cohen's for the second time. Day 11 today and I'm down 3.3. Slow start. |
#28
|
||||
|
||||
Anyone starting in Jan 2013
Hallo Almal,
Bly om te sien daar is darem vir ons ook 'n plekkie op die Forum. Ek het maandag met my plan begin. Ek was vanoggend skelm op die en ek is sover al 2.1kg af. Dis my tweede keer op die program en dit stel weereens nie teleur nie. Ek het 46 kg in 2010 verloor en het 14kg opgetel in die laaste 2 jaar! Ek wil rerig nie al my harde werk ongedaan maak nie. Ek is opgewonde om weereens die paar kilo's te verloor en hoop om saam met julle almal die pad na "gesondheid" te stap. Lekker dag, water bottoms up! |
#29
|
||||
|
||||
Re: Anyone starting in Jan 2013
Chrissie - I actually replied to your post, but imagine my surprise when I couldn't see it! Don't worry about the lingo - as long as we have a little place called home! The Dr Cohen Support forum that we used before has been bombarded with spam and you can hardly use it!
Wafiya - welkom Girl! Glad nie sleg dat jy slegs 14kg in 2 jaar opgetel het nie - ek het 14kg in omtrent 2 maande opgetel na refeed! Maar nou ja - laat ons hierdie paar kilo'tjies afskud - vir ewig die keer! Baie geluk met jou goeie verlies so ver - dit motiveer 'n mens verskriklik! Ek het ook in die eerste 2 weke baie goed verloor en toe 'n plato bereik in my 3de week - elke dag geweeg en dit het my sommer baie moedeloos gemaak om stil te staan vir 4 dae. Ek het toe maar begin deur druk om net 1 keer per week te weeg - en ek voel sommer 'n nuwe mens - en die kilo's val nou weer lekker! Sterkte vir jou! |
#30
|
||||
|
||||
Re: Anyone starting in Jan 2013
Hi Not2Much,
Jo, ek sien jy is al oor half pad met jou gewig! Wanneer het jy weer begin? Hoe lank het dit jou gevat om die 22kg te verloor sover? Ek wil in totaal 19kg verloor, ek wil 5kg onder my gewig gaan sodat ek biekie speling het. Sterkte, die naweke is gewoonlik vir my die ergste, dis al wanneer ek rerig tyd het om die gesin met heerlike disse te bederf, die week is gewoonlik 'n dolle gejaag. Lekker dag |
#31
|
||||
|
||||
Re: Anyone starting in Jan 2013
Nee
Cohens 1: ek moes net 11 verloor (van 66 tot 55) maar toe verloor ek nog en het klaar gemaak op 48! So ek het 18 verloor in totaal en het heeltemal te min geweeg. Toe het ek weer 17 op getel (65). Cohens 2: My eie doel gewig is hierdie keer 53 - so ek het nog 7 om te gaan. Jammer vir al die nommers! Ek het ook die gedink die 5kg laer sal vir jou speling bied - maar glo my - dan gaan jy eers mal! Naweke was vir my ook moeilik, maar ek is nou in my 4de week en het darem geen meer cravings of lus nie. Ek bederf hulle nog steeds met lekker kos (help selfs my jongste om vir hulle choc-chip muffins te bak), en dit pla my glad nie. Sterkte vir jou ook! |
#32
|
||||
|
||||
Re: Anyone starting in Jan 2013
Hi Chrissie. Welcome to one of the best places to be whilst we are on the program!!
Wafiya welkom en knap gedaan met die verlies so ver. Ek wil saam N2M staan dat jy probeer om net 1 keer n week te weeg. Die verrassing is net soveel beter. Ek het gevind met vorige dieete as ek myself elke dag geweeg het, dit my ongelooflik negatief maak en dan amper n verskoning gegee het om te dwaal Ek vind naweke moeilik agv die roetine wat vir my missing is van die week. Maak jou kos interessant en probeer nuwe dinge dan sal dit nie voel asof jy mis nie. Sterke met die res van jou detox en kan nie wag om jou dagboek te lees nie!!
__________________
Blommie No matter how many times I break down there is always a little piece of me that says NO, you're not done yet, GET BACK UP. I am waterwise x 1 Goal 1:70kg - Done 6 Aug 2013 Goal 2: 65kg - Scheduled 20 Aug 13 Goal 3: Start pole-dance lessons Goal 4: 60kg Goal 5: Start refeed |
#33
|
||||
|
||||
Re: Anyone starting in Jan 2013
More Almal,
Ek hoop julle het 'n "cheat Free" naweek gehad . Ek het in totaal 3,9kg vir die week verloor. Dis so 'n bietjie "dissappointing" want ek het die vorige keer toe ek op Cohen was 7kg in my eerste week verloor . Dalk is dit minder omdat ek nie soveel het om te verloor soos die vorige keer nie. In ieder geval, 'n verlies is 'n verlies en ek is nogsteeds bly ek het darem weer die skaal in 'n negatiewe direksie laat gaan! Blommie - sal probeer om minder op die skaal te wees die week. Sterkte almal,moenie moed verloor nie, ons SAL almal ons doelgewig bereik, want aanhouer wen. Water julle plantjies! Lekker dag |
#34
|
||||
|
||||
Re: Anyone starting in Jan 2013
Dis flippen baie! Ek het in my eerste 4 weke net 6.2kg verloor. Verlede keer het ek net 5.8kg verloor!
Onthou die kliniek sê dat 'n stadige verloorder verloor 5 - 7kg in die eerste maand; 'n normale verloorder tussen 5 - 9kg; en 'n vinnige verloorder tussen 9 - 12kg per maand! Dit alles is steeds beter resultate as wat jy op ENIGE verstandige dieet kan verloor! Onthou 'n rukkie terug was Corlea op HG se voorblad en sy het beplan om 16kg te verloor in 10 maande! |
#35
|
||||
|
||||
Re: Anyone starting in Jan 2013
Dankie Not2Much! dit gee my sommer weer 'n wip in my stappie. Ek weet ek is 'n vinnige verloorder, maar ek dink dit het baie te doen met "mind set". Ek is een van daai mense : as ek my kop op 'n ding gesit het is dit 'n uitgemaak te saak. Dit was net eers om die kop daar te kry.
My doelgewig wat die liewe dr vir my gegee het is 69kg, maar op 75kg lyk dit of ek anoreksie het, my hele gesig val "gate/duike" in. Ek is 1.78m lank en het 'n redelike growwe been struktuur. Sal kyl hoe lyk ek weer op 75kg en dalk maar deur druk na 69kg, ek kan altyd weer optel. Aan die ander kant die geluk van mense wat stadiger verloor se gewigsverlies word beskou as meer permanent, so dis dalk vir jou 'n "blessing in disguise". Die dieet werk definitief soos 'n bom, ek kan nie glo almal se pragtige resultate nie, dis amazing, ek love dit om almal se verliese te sien. Dis 'n groot inspirasie, ek hoop die forum bars binnekort uit sy nate van almal se goeie nuus wat hulle met ons hier kom deel. Lekker dag, sterk wees. Water julle plantjies! |
#36
|
|||
|
|||
Re: Anyone starting in Jan 2013
Hi julle
N2M, ek was so bietjie besig, rondgehol, ens, maar begin nou weer my lewe in oenskou neem en so bietjie tyd aan myself spandeer. Ek het so 'n ongelukkige stel afgetrap met my konsultant. Sy was op vakansie, en sy kon toe nie die refeed vir my gee nie. Desember het sy net eenvoudig niks van haar laat hoor nie, na ek letterlik 20 emails en smse gestuur het (sy antw nie as mens bel nie). In Januarie dieselfde storie. So ek is al amper 3 maande aan en af op Cohens omdat ek steeds nie my refeed gekry het nie. Sy stuur toe email ek moet haar die 30e jan sien, daar gekom, geen konsultant. Toe ek haar probeer bel, weereens geen antw. Na 'n rukkie stuur sy sms "Waar's jy? Ek sit en wag." Ek laat weet toe ek was daar sy nie. O se sy sy kom nie meer na my dorp toe nie, ons is net 2 oor. So sy sit in 'n ander dorp (heavens know waar en hoe) en wag vir my. Ek weet nie eers wat die adres is of niks. Ek is so ticked off. Ek het toe gereel dat iemand dit vir my gaan afhaal. Ek het dit nog nie gekry nie, so ek sal waarskynlik eers oor 'n week of twee kan begin refeed, sodra ek dit gekry het. Maar dan is ek heeltemal op my eie, want ek is seker ek kan geen hulp van die konsultant verwag nie. Ek is eintlik so teleurgestel, want sy's baie vinnig om mens se geld te vat, maar daar is net geen ondersteuning.
__________________
"Be kinder than necessary, because everyone is fighting some kind of battle." |
#37
|
||||
|
||||
Re: Anyone starting in Jan 2013
Celeste,
Glo my vry, jy is nie die enigste een wat sulke tipe diens van konsultante af kry nie. Ek het min of meer dieselfde stel afgeloop in die stad! Gelukkig is hier baie "posts" oor die refeed,ek glo as jy die vraag daar uitgooi sal iemand jou baie vinnig antwoord. My konsultant het belangstelling verloor toe sy sien sy gaan nie nog geld uit my uitkry vir die refeed nie, ek het my doelgewig binne 6mnde bereik. Dis soos jy se, baie vinnig om die geld te vat maar van ekstra myl loop is daar by sommige konsultante glad nie die opsie nie. Baie sterkte, niemand verdien om in die laaste snikke van die stryd aan jou eie oor gelaat te word nie. |
#38
|
||||
|
||||
Re: Anyone starting in Jan 2013
Hello Julle!
Celeste - ek sal die refeed gids vir jou e-pos, PM net vir my jou adres. Dan kontak jy weer daai mislukke mens en vra vir haar watter dae het dokter vir jou gekies - vandaar af kan ons dit vir jou hanteer! In die gids is 30 moontlike dae - Dr kies tussen 18 - 22 dae vir jou, maar as jy dan nou regtig dit nie uit haar kan kry nie, dan doen jy al 30 dae. Ek sê hoeka nou net vir een van die girls (van Aus) wat 5kg van refeed is en wat 'n bietjie sukkel - sy gaan in een keer 'n week om te weeg EN te meet, en haar konsultant is baie hulpvaardig! Wafiya - ek sien nou eers wie jy is! Jy was op ons plaaslike forum gewees en so 'n groot inspirasie! Jy sal sommer gou-gou wees waar jy was en waar jy gemaklik en sexy voel! |
Tags |
2013 , jan , starting |
Thread Tools | |
Display Modes | |
|
|
Similar Threads | ||||
Thread | Thread Starter | Forum | Replies | Last Post |
starting again | feej | NEW MEMBERS... Start here! | 13 | 19-12-2012 20:25 |
starting again. | shaz72 | Discussion on Cohen's Lifestyle programme | 13 | 04-10-2012 15:11 |
Starting Again! | Daniella | NEW MEMBERS... Start here! | 8 | 19-05-2010 23:30 |
I am starting over | Reaching_a_dream | NEW MEMBERS... Start here! | 2 | 11-02-2010 13:38 |
I'm starting soon | tassiegirl | NEW MEMBERS... Start here! | 9 | 11-09-2008 12:13 |